Tuesday, April 17, 2007

Marthinus Oosthuizen

Die jaar was 1838. Piet Retief en sy klein kommando het gaan onderhandel met Dingaan oor grond. Piet Retief was vol hoop en verwagting, en het sy mense aangeraai om reg te wees om die nuwe land te bewoon.
In afwagting het hulle die uitgesien na die koms van Retief. Retief sou egter nooit opdaag nie. Nadat Dingaan die traktaat geteken het wat grond gee aan die Trekkers, het sy impi vir Retief en sy manne vermoor. 'n Veldtog van moord en doodslag so hierop volg, beginnende met die groepie Trekkers wat hulle staning langs die Bloukransrivier gemaak het . . . . .
In die middernagtelike ure, terwyl die Trekkers ruslig slaap, word die bloedige aanval genadeloos geloods . . . .
Die van Rensburg en Pretorius gesinne was op 'n koppie, omring deur hordes Zoeloes. Bokant die oorlogsrumoer en geraas van die Zoeloes skreeu hulle dat hulle kruit en lood klaar is. Om die ammunisie te gaan haal en dan vir hulle te neem kon alleenlik deur doodsgevaar gedoen word.
Marthinus Oosthuizen besef hulle gevaar en veg vir hom 'n pad oop deur die Zoeloes na die ammunisie toe. Daarna moes hy weereens 'n pad oopveg om die ammunisie op die koppie te kry.
Deur sy heldedaad het hy hulle gered van totale uitwissing. . .